© GK Pietermaritzburg 2015
Nuusbrief:
Ons gemeente gee elke Sondag 'n nuusbrief uit wat alles vertel wat in ons gemeente
tans aan die gang is, met inligting oor gebeure wat nog moet plaasvind, diensbeurte,
meelewing, kampe en baie meer.
Bydraes vir die nuusbrief, ook berigte van ander gemeentes, kerke en skole in die
omgewing, is baie welkom en kan deurgestuur word na nuusbriefgkpmb@gmail.com,
om ons voor 12h00 op die Donderdag voor plasing te bereik.
Kalender:
Ons gemeente gee jaarliks 'n kalender uit wat die jaarprogram van die gemeente
bevat. Kry jou kopie by die kerk. Jy kan ook die Kalender aanlyn op hierdie webblad
besigtig.
Kerkalmanak:
Die 2015 Kerkalmanak is in die konsistorie beskikbaar teen R58.00 per eksemplaar.
Resepteboek:
Die susters het 'n resepteboek saamgestel met beproefde resepte en ou gunstelinge
van gemeentelede. Hierdie resepteboek van meer as 120 bladsye is beskikbaar by die
susters teen R80.00 per eksemplaar.
Publikasies